KORSIES OP DIE RUGBYVELD (59)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die alombekende Koos Meyer het vertel dat hy jare gelede op 'n ondersteunerstoer in Frankryk saam met sy pĂȘlle goed gekuier het, en later was hulle so dapper dat hy een van die plaaslike polisiemanne se pet gaps. Maar met die wegspringslag hol hy in een van die ander polisiemanne vas.
Gelukkig herken die geregsdienaars die Springbokembleem en een van hulle wil weet watter Sprinkbok Koos dan nou is. Hy vertel onomwonde vir hulle hy is Jaap Bekker, wat toe jare lank al nie meer rugby gespeel het. Maar die polisiemanne glo Koos en na 'n lekker gesels is hulle weer op pad.
Toe Koos daarna vir Jaap die storie vertel was Jaap nie baie in sy skik nie. "Ag nee man Koos," sĂȘ Jaap, "nou gaan die mense in Frankryk my onthou as 'n maergat wat ruik na brandewyn!"