KORSIES VAN PASTEI
Soms moet mens maar presies vertel hoe dit gebeur het: Dit is die jaar 1944. Die Tweede Wêreldoorlog is al vyf jaar aan die gang. Gedurende hierdie tydperk het daar al baie dinge gebeur. Hitler het feitlik die hele Europa ingeneem. ‘n Besoeker aan die verowerde Nederland stap een middag laat deur die strate van Amsterdam en sien hoe ‘n ou Hollander besig is om op ‘n plek waar ‘n perdewa ‘n ruk lank stilgehou het, die perdemis op te vee en die straat skoon te maak. Kort-kort tel hy ‘n misbol op, bekyk hom goed en as hy hom weer neergooi, mompel hy : “Hitler”. ‘n Bietjie later tel hy weer een op en dan besluit hy dis Mussolini, voor hy hom neergooi. So kom hy uiteindelik by Stalin.
Na ‘n rukkie is dit maar weer Hitler of Mussolini of Stalin, na gelang van die grootte van die perdevye wat hy optel en bekyk voordat hy hom weer neergooi.Toe stap die besoeker nader en vra vir hom waarom noem hy elke keer een van daardie drie en nie ook ‘n ander een soos byvoorbeeld Churchill nie. “Neen,” sê hy, “zo een grote drol heb ik tot hiertoe noch niet gevonden!”