KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
By die Olimpiese Spele in Londen het een van Amerika se sterk swemmers glo aan Chad le Clos, Suid-Afrika se nuwe Olimpiese held in die swemafdeling, gevra hoe op aarde kan Le Clos dan van Suid-Afrika wees want hy is nie swart nie!
Hierop het Le Clos geantwoord: " Wel, ek het ook 'n vraag: hoe kan jy van Amerika wees want jy is dan nie vet nie?"
So van Olimpiese Spele gepraat: voordat die deelnemers teruggekom het na Suid-Afrika is daar bespiegel dat minstens twee goue medaljes binne die bereik is van 'n groepie Suid-Afrikaners - die bagasiehanteerders op die Johannesburg-lughawe...