KORSIES OP DIE RUGBYVELD (63)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Isak Neethling, lid van 'n klein dorpie se rugbyklub in die vyftigerjare, was een van daardie baie toegewyde, ywerige spelers wat geen oefening misgeloop het nie. Hy het net een probleem gehad- hy het geen talent gehad nie. Maak nie saak hoe hard hy probeer het nie, hy kon maar net die spel ordentlik onder die knie kry nie.
Maar hy het darem 'n meisie gekry op wie hy dol was en dis nie lank nie of hy staan voor die kansel. Op die bruilof moet die bestuur van Isak se klub die heildronk instel.
"Sannie," sĂȘ hy, "ons het Isak nou al in 15 verskillende posisies uitprobeer. Ons hoop jy het meer sukses later vanaand."