KORSIES OP DIE RUGBYVELD (64)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die president, afrigter, stut asook die vleuel van die klub is in 'n klein vliegtuigie oppad na 'n wedstryd toe die enjins skielik begin uitsny.
Die loods sê toe vir hulle: "Kyk, dis slegte nuus. Ons gaan beslis val en ons het net vier valskerms. Ek's die loods; so, ek vat een." En daar spring hy.
Die afrigter sê toe: "Ek's die afrigter. Sonder my het die span nie 'n kans nie; so ek vat ook een." En hy spring ook.
Die vleuel sê gou: "Ek's die vinnigste en die slimste man op die veld. Sonder my kan die span nie wedstyde wen nie; so, ek vat ook een." En hy spring.
Die president kyk na die stut en sê: "Vat jy maar die laaste valskerm. Die klub het 'n vasskop meer nodig as vir my."
"Moenie worry nie," laat hoor die stut ewe rustig. "Ons kan elkeen 'n valskerm vat. Die slimste man op die veld het sopas met my toksak op sy rug uit die vliegtuig gespring."