KORSIES OP DIE RUGBYVELD (67)

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Giel was nou nie die slimste rugbyspeler wat daar in die Noord-Kaap was nie. Op 'n dag kom hy twee dae vroeër as wat sy vrou verwag, van 'n klubtoer terug by die huis, maar dit was 'n rowwe toer en dadelik val hy pootuit langs sy vrou in die bed.

Giel het net ingesluimer toe die telefoon langs die bed lui. Toe hy dit optel, vra 'n mansstem versigtig aan die anderkant: "Is the coast clear?"

"Dis nie die verdomde weerkantoor dié nie!", skel Giel. "Bel die Kaap as jy wil weet!"