KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

KINDERS SE SÊGOED

HOE NAAR!

Die Verbondsonderrig-onderwyseres vertel aan haar klassie die verhaal van die Barmhartige Samaritaan.  “Wat sal jy doen as jy die pad afloop en ’n man sien lê wat aangerand en bebloed is?” vra sy.   “Ek sal opgooi!” antwoord Elsie.