DIT GAAN GOED, DANKIE!

Een van ons bejaarde lesers het dié gestuur en vertel vir ons hoe goed dit met hom gaan, ten spyte van sy hoë ouderdom:

 

KORSIES VAN PASTEI

Dit gaan goed, dankie, baie goed.

Daar’s heeltemal niks fout met my nie,

Gesonder sal jy nêrens kry nie.

Ek het artritis in albei my arms,

En as ek praat, fluit my bors soos ‘n alarm.

My pols is swak en my bloed is dun,

Maar dit gaan goed met my soos met min.

My tande dreig om boedel oor te gee,

Ek hoor niks wat jy sê,  tensy jy skree.

Ek is te vet en ek word net nie dun,

Maar dit gaan goed met my soos met min.

Nag vir nag slaap ek ook slegter

En voel die dag daarna soos ‘n ou bulvegter.

My geheue is swak en my kop wil nie werk nie,

My voete gedaan en my bene nie sterk nie.

Ek leef omtrent van aspirien

Maar dit gaan goed met my soos met min.

Die les in dit alles vir jou en vir my

Wat oud word, ons jong dae verby,

Is om te sê: “Dit gaan goed, baie goed”,

Eerder as om hul ons kwale te laat vermoed!