KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

SKRYF DIT OP!

Die dominee was na aan aftrede en sy geheue het hom dikwels in die steek gelaat.  Sy vrou het die dokter daaroor gaan sien.

“Laat dominee die dinge wat hy moet onthou, opskryf” gee die dokter raad.

Daardie aand vra sy haar man om vir haar ’n bakkie roomys met aarbeie te bring toe hy kombuis toe gaan.

“Moenie die aarbeie vergeet nie.  Skryf dit op” sê sy.

“Nee, skat, ek sal nie vergeet nie” troos hy haar.

Na twintig minute sit hy ’n bord met spek en eiers voor haar neer.

“En waar is die braaibrood waarvoor ek gevra het?” vra sy teleurgesteld.