KORSIES VAN PASTEI
Reisigers gaan heen
Tekenaars se strepie word getrek
Diakens kom om
Ouderlinge ontslaap
Jagters gaan bokveld toe
Kokke steek die lepel in die dak
Horlosiemakers se tyd breek aan
Slagters tjop af
Valskermspringers ontval ons
Tuiniers word van die gras afgemaak
Melkboere skop die emmer
Dominees verwissel die tyd met die ewige
Onderwysers gee die gees
Skeidsregters blaas hulle laaste asem uit
Bankbestuurders verhuis
Elektrisiƫns se liggies word uitgedoof
Kosters hoor die doodsklok lui
Omroepers se stemme word stil
Staatsamptenare gaan die ewige rus in
Materiaalhandelaars word van kant gemaak