(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Uit Die Volksblad, met erkenning aan Lucas Maree:
Ek is moeg vir die gesukkel van my dag-tot-dag-bestaan
en die gewonder oor die lugmag as ons iewers heen wil gaan;
en die stof op my metaalverf maak my werklik nou gedaan,
nou teer ek die pad en plek vir die heli om te staan.
Koor:
Ek soek verward na 'n kwart miljard
Nege syfers: twee vyf nul miljoen verdryf my smart
want daarmee is die kiesers vir my almal immerswart.
Ek soek verward na 'n kwart miljard.
Ek werk my oor 'n mik net om belasting te verkwis
en nou is die media hoeka ook daarvan bewus.
Ja, die wet van Transvaal die vreet my kapitaal
op en die twintig kinders hou my oor die algemeen maar kaal.
Ek soek nie baie geld nie, net 'n klein ou fortuintjie
'n koninkryk en stat, al is dit net 'n kleintjie;
Ek dink nie ek wil ryk wees nie maar ek sal so graag
so lank ek leef daar veilig in my bunker skuil so braaf.
Koor:
Ek soek verward na 'n kwart miljard
Nege syfers: twee vyf nul miljoen verdryf my smart
want daarmee is die kiesers vir my almal immerswart.
Ek soek verward na 'n kwart miljard.