KORSIES VAN PASTEI
Vir die juwelier is Hy die Kosbare Pêrel
Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe
Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë
Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer
Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat
Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron
en die Lelie van die Dale
Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap
Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots
Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie
Vir die advokaat is Hy die Voorspraak
Vir die prisonier is Hy die Verlosser
Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water
Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok
Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder
Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester
Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie
Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self
Vir die treurendes is Hy die Trooster
Vir die sagmoediges is Hy die Prins van Vrede
Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee
Vir die sondaar is Hy die Lam van God
wat die sonde van die wêreld wegneem.