(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DAREM NOG PROVIAND IN DIE KAS
Die dominee besoek 'n gevalle lidmaat wat ernstig siek is. Op die bedkassie staan 'n halfvol bottel brandewyn. Die dominee vra teleurgestel: "Broer, is dit nou al waarheen jy jou kan wend vir hulp?" "Nee Dominee,'"antwoord hy, "in die hangkas is darem nog 'n vol bottel."