(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NIEMAND LUISTER NIE!
'n Predikant, 'n prokureur en 'n dokter gaan jag saam. In die veld kom hulle op 'n pragtige koedoe af en al drie brand tegelyk op die bok los. Die koedoe slaan morsdood neer en die drie hardloop nader. Die enigste koeëlwond wat hulle kry is deur die bok se kop maar niemand kan sê wie hom raakgeskiet het nie.
Hulle laai die bok op die bakkie en ry na die kamp waar die plaaseienaar, 'n ervare jagter, na die bok kyk. Hy sê: "Dis die predikant se bok dié." Half verontwaardig wil die ander twee weet hoe hy dit weet. "Maklik", sê, die eienaar, "die koeël is by die een oor in en by die ander oor uit."