KORSIES VAN PASTEI

KORSIES OP DIE RUGBYVELD (68)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

HARDE SEUN

Die tawwe Argentynse voorryman Federico Mendez was net 18 jaar oud toe hy sy eerste smakie van internasionale rugby gekry het, maar hy was nooit deur die groot oomblikke oorweldig nie.
In 'n toets teen Engeland in 1990 het hy geen respek vir ouer spelers getoon nie toe hy die 6 voet 6 lange slot Paul Ackford so uit soos 'n kers geslaan het. Mendez se beswaar was dat 'n Engelse speler hom eerste getrap het, maar dit was eintlik Geoff Probyn en nie Ackford nie.
Toe Ackford later deur die pers hieroor uitgevra is, het hy laat hoor: "I didn't see the punch until it was shown on TV!"