(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KOSTELIKE NUWE SUID-AFRIKA
Is dit nou nie pragtig nie? Die (Tshwane) Pretoria-munisipaliteit het die elektrisiteitstoevoer na sy eie Roodeplaat-gemeenskapsaal afgesny nadat hy nie sy eie agterstallige rekening van net meer as R16 000 betaal het nie. Amptenare in die gebou, noordoos van Pretoria, het onlangs kopgekrap toe 'n aanmaning van hul werkgewer om diƩ munisipale skuld te betaal daar aangekom het. Die gebou, waar inwoners onder meer hul rybewyse kan hernu, is 'Tshwane' se eiendom en word deur die munisipaliteit bestuur. Die munisipaliteit het die kragtoevoer verlede week afgesny toe die rekening nie vereffen is nie. Die enkele amptenare in die kantoor sit sedertdien in die donker.