KORSIE MET ‘N BITTER SMAAK

KORSIES VAN PASTEI

Vroeër was dit die gewoonte dat wanneer die gemeentes van ‘n ring van die NG Kerk ‘n sitting hou, elkeen van die verskillende skribas ‘n telegram van seënwense vir die sitting na die afgevaardigdes stuur.  By een so ’n sitting het een van die skribas die volgende teksvers by sy telegram ingesluit:  “Psalm 25 vers 5:  Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil.”

Met die versending het daar egter ‘n glipsie ingesluip en die telegram wat aan die afgevaardigdes voorgelees is, lui toe so:  “Psalm 26 vers 5:  Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit Ek nie.”

Daar was glo eers ‘n geskokte stilte, voordat almal gelyktydig uitgebars het van die lag.  Het hulle dit dan nie geglo nie?