(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SOU GOU AS MOONTLIK!
Die verkeerskonstabel klim stadig uit sy patrolliemotor en stap selfvoldaan na die motortjie van 'n student wat hy vir 'n spoedoortreding van die pad afgetrek het. Hy haal met groot vertoon sy boekie uit sy sak, swaai die pen onder die seun se neus en sĂȘ met 'n dreigende stemtoon:
"Ek wag al heeldag net vir jou, mannetjie".
Die seun antwoord baie vinnig sonder om 'n oog te knip:
"Dis waarom ek so vinnig as wat ek kon gekom het, konstabel".