KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Tolla se storie

Toe ek een aand so lekker gesuip is kom ek van die “bar” af.

Ek kom by die huis, “park” my karretjie, en nou stap ek saggies op my tone van die waenhuis af.

By die deur “suffer” ek om die sleutel in die gaatjie te kry, die deur het mos een gaatjie wat nou drie word en die drie gaatjies “move” ook nog.

Intussen staan my vrou vir my en kyk van die binnekant af.

Sy skreeu: “Jou vark, daai is die Cortina se sleutel waarmee jy die huis wil oopsluit”.

Ek kyk die sleutel so en sê: “O bloed, amper 'start' ek die huis!” Sy maak die deur oop en sê: “Kom in, kyk hoe lyk jou twee oë, hulle is bloedrooi van die “gesuipgeit!”

Ek sê: “Daai’s niks, jy moet hulle van die kant af sien!”