KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

TIK-TOK...

'n Man sterf en kom by die hemelpoorte waar 'n engel by 'n ontelbare klomp muurhorlosies staan. Die man vra aan die engel waarvoor die baie verskillende horlosies gebruik word. Die engel verduidelik aan hom dat dit as leuenverklikkers dien. Elkeen op aarde het so 'n horlosie wat aandui hoeveel leuens hy tydens sy lewe vertel. Met elke leuen stap die wysers 'n kerfie aan.
Die man sien 'n horlosie wat heelwat kerwe gevorder het en vra wie s'n dit is. Die engel sê dit is Paulus s'n maar het op die pad na Damaskus tot stilstand gekom.
Die man sien 'n ander horlosie wat slegs vier kerwe aangestap het en wil weet wie s'n dit is. Die engel sê dit is Petrus s'n.
'n Entjie verder is daar 'n groot klomp waaiers wat teen so spoed waai dat niemand dit naby waag nie. Die man wil weet waarvoor die waaiers nodig is. Die engel sê: "Dis nie waaiers nie, dis Suid-Afrika se kabinetshorlosies".