KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

IEMAND TUIS?...

'n Blondine gaan een Saterdagaand vir 'n wandeling in Niew Seeland in 'n straat waar die straatligte helder brand.
Onder een van die ligte teen die lamppaal is 'n advertensie vasgeplak met die bewoording: 'Woonstel Te Huur'.
"Wonderlik, ek soek juis dringend na 'n woonstel!" dink sy hardop en klop teen die paal, maar niemand antwoord nie. So klop sy 'n hele paar kere teen die paal.
Naderhand kom 'n man wat haar geruime tyd van oorkant die straat dophou nader en vra of sy 'n probleem het. Op haar vraag oor wie hy is, verduidelik hy dat hý die Fransman is wat vandag rugbyskeidsregter tussen die All Blacks en die Springbokke was.
Die blondine vra hom wat hy nou eintlik met haar te doen het.
Hy sê: "Ek het gesien hoe jy bly klop maar ek kan nie verstaan waarom niemand oopmaak nie; die lig brand tog, daar moét iemand tuis wees!"