(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die skooljuffrou was besig om die kinders in klas te help met voorligting oor hulle beroepskeuses.
Dit was Jannie se beurt en sy vra hom:
"Jannie, wat wil jy eendag word wanneer jy groot is?"
Sonder skroom kom die antwoord vinnig:
"Ek gaan defnitief 'n ruimtereisiger word Juffrou."
Die juffrou knik instemmend oor sekerheid van hierdie besluit en sê:
"Dit is baie mooi dat jy reeds weet wat jy graag eendag wil doen Jannie. Vertel vir my waarom het jy besluit om 'n ruimtereisiger te word?"
Sonder aarseling antwoord Jannie:
"My pa het gesê daar is niks op aarde waarvoor ek goed is nie Juffrou."