KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

OUDERDOM HET OOK VOORDELE...

*  Goed wat jy nou aankoop gaan nie opgebruik word nie.

*  Jy kan aandete eet teen vieruur die middag.

*  Jy dink nie meer spoedbeperkinge is uitdagings nie.

*  Jy bodder nie om jou maag in te trek nie, maak nie saak wie loop in die kamer in nie.

*  Jou ledemate is meer akkurate weervoorspellers as die weerburo.

*  Jou geheime is veilig by jou vriende omdat hulle dit nie kan onthou nie.

*  Jy maak elke dag nuwe vriende want jy onthou nie die oues nie...