KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

GOUE OUES

Die goggas speel teen die veldmuise rugby. Toe die goggas opdraf is daar net veertien spelers. Hulle kon toe daaraan niks doen nie en begin speel. Die veldmuise speel so goed dat die goggas wil huil.
Met halftyd kom hulle agter dis duisendpoot wat nie daar is nie. Net toe hulle na hom begin soek kom duisendpoot daar aangestap.
Na halftyd gaan dit goed. Hulle skrum, die goggas kry die bal en gee uit na duisendpoot. Hy hardloop langs die kantlyn af en gaan druk 'n drie. Die gebeur nog 'n hele paar keer en die goggas wen ver. Almal is baie bly.
Na die wedstryd vra hulle vir duisendpoot waar hy dan die eerste helfte was.
"Ek was besig om my skoene vas te maak", antwoord hy.