KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

BID TOG MAAR VIR HOM

Darius Botha 'n gewese Springbokvleuel, het bekend gestaan as 'n fyn sportman met 'n kalmerende invloed op enige span waarin hy hom bevind het. As predikant was hy natuurlik goed daarvoor toegerus.
NĂ¡ 'n harde wedstryd teen die Vrystaat waartydens 'n Vrystater goed met die vuiste ingeklim het, het een van die Noord-Transvaalse slagoffers sy lot by Darius bekla. Darius het geweet dat daar nie veel salf aan hierdie Vrystater te smeer is nie. Getrou aan sy roeping maar ook deeglik bewus van die "onbekeerbaarheid" van die man, antwoord Darius:
"Ou maat, ek sal aan hom dink in my gebede, maar ek dink nie hy het veel van 'n kans nie!"