KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

MOF SE FLOUTE

Frik du Preez, Mof Myburgh en Piet Uys was 'n onmoontlike trio en natuurlik uithaler Springbokrugbyspelers.
NĂ¡ 'n belangrike wedstryd op Nuweland teen die Westelike Provinsie vertrek die span die volgende oggend onder bestuurderskap van prof Daan Swiegers huiswaarts.
Die vliegtuig se wiele het skaars die grond verlaat toe die grote Mof Myburg flou neerslaan vanaf sy vliegtuigsitplek. Chaos en ontsteltenis ontstaan en Frik vlie op en skreeu vir die lugwaardin:
"Bring ys, gou-gou, dis ernstig!"
Haastig maak die lugwaardig haar gordel los en in 'n ommesientjie is sy met die bak ys by ou Mof. Toe sy die bak neersit, haal Frik 'n bottel whiskey uit, Piet Uys die glase, en skielik is Mof op en wakker!
Dit was voorwaar flink bediening aan drie dorstige manne...