(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIERETUIN-RUGBY
In die jare veertig speel Floors Perry, fris Noord-Transvaler vir Tukkies in die intervarsity teen die Potchefstroomse Universiteit. In 'n losskrum-onderonsie kry hy vir Wynand Malan van die Pukke in 'n stewige kopklem beet. Al manier, so het die praktyk bewys, om uit so 'n kopklem te ontsnap, is om jou teenstander se arm te byt. En dit is toe presies wat Malan doen – met mening ook! Floors los vir Malan soos 'n warm patat en hy hardloop na die skeidsregter, wys die bloederige bytmerk op sy bo-arm en roep ontsteld uit:
"Mr Ref, are we playing against the Zoo?!"