KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

KEN JOU PLEK...

Voor die aanvang van die Statebondspele in Cardiff in 1958 moes die Suid-Afrikaners in die oefenkamp vanselfsprekend oefengeriewe met al die ander lande deel, onder andere ook Ghana en Kenia.
Fanie du Plessis, wie by hierdie Spele die goue medalje in die skyfwerpitem gewen het, het tydens die oefensessies groot indruk op sy teenstanders gemaak.
'n GROOT skyfwerper van Ghana wat maar effentjies presteer het, wou baie graag wenke by Fanie opdoen. Hy het toe gevra of hy maar soggens saam met Fanie kan oefen.
"Yes", sĂȘ Fanie, "if you go down to the training field, call me at my window".
"What's your name?" vra die Ghanees.
Fanie: "I've got a very difficult name to remember, just call me Baas Fanie".
'n Week lank kon mens elke oggend 'n geesdriftige Ghanees by Fanie se venster hoor roep: "Baas Fanie, Baas Fanie, it's time for training!"