KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

AI, DIE TAAL TOG!

Die beroemde Springbokrugbyspan van Bennie Osler is destyds tydens hulle besoek aan Engeland aan koning George V voorgestel.
Die Springbokke het in 'n lang ry langs mekaar gestaan met Pierre de Villiers, klein skrumskakel, tussen twee groot voorspelers. Toe die koning by hom uitkom, kyk hy hom so op en af en vra:
"And you, do you also play?"
"Yes", antwoord Pierre met 'n hees, onsekere stem.
Koning: "And where do you play?"
Pierre (met 'n piepstemmetjie): "Please Mr King, I play scrumhalf."