Een middag laat kry ek ‘n oproep van my ou vriend Klaas van doer duskant die Kalahari. Die ou plaaslyn is nie te waffers nie, maar ons verstaan mekaar darem so ampertjies. Hy verneem of ek nie weet van iemand wat ‘n spul windpompe soek nie, want hy sit met ‘n hele klomp waarvan hy ontslae wil raak. Versigtig verneem ek wat hy wil hê vir die spul windpompe. Hy sê: “Vir jou, pasella! Kom ry die goed net onder my oë weg.”
So ‘n aanbod het ek lanklaas gehad.
Dink net aan die hope skrootyster. ‘n Man kan mos hope geld maak. Ek betrek al my bure met bakkies en na noukeurige voorbereidings, pak ons in ‘n konvooi die lang pad aan. Uiteindelik kom Klaas se plaas in sig.
Met die intrekslag is dit net honde. Klaas staan handewringend nader. Na die oor en weer groetery tussen die geblaf deur, verneem ek waar die windpompe is, sodat ons kan begin opsny en laai.
“Windpompe? Wat se windpompe? Dis windhonde! Sien jy nie die spul maer goed nie? Dis van hulle wat ek wil onslae raak!”
Een middag laat kry ek ‘n oproep van my ou vriend Klaas van doer duskant die Kalahari. Die ou plaaslyn is nie te waffers nie, maar ons verstaan mekaar darem so ampertjies. Hy verneem of ek nie weet van iemand wat ‘n spul windpompe soek nie, want hy sit met ‘n hele klomp waarvan hy ontslae wil raak. Versigtig verneem ek wat hy wil hê vir die spul windpompe. Hy sê: “Vir jou, pasella! Kom ry die goed net onder my oë weg.”
So ‘n aanbod het ek lanklaas gehad. Dink net aan die hope skrootyster. ‘n Man kan mos hope geld maak. Ek betrek al my bure met bakkies en na noukeurige voorbereidings, pak ons in ‘n konvooi die lang pad aan. Uiteindelik kom Klaas se plaas in sig.