KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

KINDERONSKULD

Na die uitvoering van die simfonie-orkes stap die seuntjie ewe braaf tot by die dirigent en fluister in sy oor: 'Oom, ek wil nou nie stories aandra nie, maar daardie ou in die agterste ry met die trompet speel net wanneer jy vir hom kyk!'