KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

DIS DIE PUNT!

By die Verenigde Volke begin die Israelse verteenwoordiger sy toespraak:
"Voor ek my toespraak begin, wil ek net iets oor Moses sê: Toe hy die rots geslaan en dit water voortgebring het, dink hy toe: 'Wat 'n goeie geleentheid vir 'n bad!' Moses trek toe sy klere uit, plaas hulle langsaan op die rots en gaan die water in. Toe hy uitkom en wil aantrek, vind hy sy klere het verdwyn. 'n Palestyn het dit gesteel!"   
Die Palestynse verteenwoordiger by die VN spring op en skree woedend:
"Tipiese Israeli-leuens! Daar was toe nog nie Palestyne daar nie!"
Die Israeli-verteenwoordiger glimlag en sê:
"En noudat ons daardie punt duidelik gemaak het, sal ek my toespraak begin."