KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

NUWEJAARSBESLUITE

Een van my nuwejaarsbesluite is om die badkamer die Jim te noem, nie meer die 'John' nie want ek voel baie beter as ek sê ek was vanoggend in die Jim.

Ek gaan ook ophou om my te bekommer oor wat ek tussen Kersfees en Nuwejaar eet en meer dink oor wat ek tussen Nuwejaar en Kersfees gaan eet.

Maar eintlik het ek reeds my nuwejaarsvoorneme bereik om ‘n gemiddelde gewig te handhaaf – daar is nou amptelik meer oorgewig as gemiddelde gewig mense in die wêreld, oorgewig is dus nou gemiddeld...