DAPPER MUIS...

... BLY 'N LAFAARD (onthou dit veral wanneer die groot dag aanbreek...)

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Sing die ou kinderliedjie saam!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Gee jou beeste en jou huis en die moola in jou kluis.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En wie gaan dit betaal?
Oe, betaal?
Ja, betaal voor die bank dit als kom haal.
Nou ja, buiten vir betaal, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Gee jou skape ook vir my en die kar waarmee jy ry.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En wie koop al die kos?
Oe, die kos?
Ja die kos, anders vrek die diere mos.

Nou ja, buiten vir betaal en kos… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Kyk hoe vat ek jou John Deere en jou ploeg en jou geweer.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En wie gaan diesel koop?
Oe, diesel koop!
Ja, diesel koop dat die trekkers aanhou loop.
Nou ja, buiten vir betaal en kos en diesel koop… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Kyk hoe braai ek vir my vleis in die lapa by jou huis.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En wie ploeg dán die land?
Oe, die land!
Ja die land sodat jy kan mielies plant.
Nou ja, buiten vir betaal en kos en diesel koop en lande ploeg… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Ek is van die ANC en jy moet als vir my gee.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En jy moet jou kinders voer, maar die plaas is in sy M*@R!

Waar’s jy?

Eish! Ek soek hom nie meer die plaas nie, Morena!