KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Leraar was besig met huisbesoek met sy fiets, toe hy ‘n seuntjie raaksien wat op die sypaadjie ‘n grassnyer probeer verkoop. “Hoeveel wil jy vir die grassnyer hê?” vra hy. “Ek soek net genoeg geld om ‘n fiets vir my te koop,” antwoord die seuntjie. Die dominee dink ‘n bietjie en vra: “Sal jy my fiets neem in ruil vir die grassnyer?” Die seuntjie wou eers met die fiets ‘n draai ry. Toe hy terugkom, is hy gewillig om die ruil aan te gaan.
Die leraar neem die grassnyer en begin die aansitter se tou trek, maar sonder sukses. Hy roep toe die seuntjie nader en sê: “Maar hierdie grassnyer kan dan nie loop nie.” Die seuntjie sê die geheim is mens moet eers 'n paar vloekwoorde los voor hy vat. Die leraar sê dat dit nie iets is wat hy doen nie, hy kan nie eers meer onthou hoe om te vloek nie. Die seuntjie glimlag tevrede en sê: “Hou maar net aan om aan die tou te trek, omie sal gou genoeg onthou.”