KORSIES VAN PASTEI

JIMMY EN MIKE SE SLIMGEITE

Jimmy vra vir Mike of hy dink Portugal vêr van hier af is.
Mike antwoord: "Ek glo nie, want op laerskool was daar Portugese in my klas en hulle het sommer met die fietse skooltoe gery."

 

NUWE BESTUURSERVARING

Ek het gisteraand by 'n geselligheid vasgehaak en met huistoegaantyd het ek my motor daar gelos en 'n bus geneem.  Ek is vandag só trots op myself.  Ek het nog nooit 'n bus besuur nie!"

 

GOEIE 'TIP'

Gert sê vir Koos:  "Koos jy moet die karwag 'n tip gee."
Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: "Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë."