NOOD LEER BID

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Klein Jannie se ma het die oggend baie probleme met hom in die kerk.  Hy is onhebbelik stout.  Sy het absoluut niks van die diens nie want hy sit langs haar in die bank nooit ‘n oomblik stil nie.  Hy skuif voortdurend rond en dit voel of hy haar aandag moedswillig aftrek en alle oë gerig is op haar en haar stout seuntjie hier in die voorste bank van die kerk. Sy het hom meer as een keer teruggedruk in sy sitplek maar toe sy dit nie meer kon hou nie, gryp sy hom aan die een hand en begin hom tussen die banke deur na buite te sleepdra. Sover as wat hulle gaan, probeer hy aan die bankleunings vasklou en pleit benoud by elke gemeentelid waar hulle verbygaan: “O, bid tog asseblief vir my, ag, bid asseblief vir my!”

Die volgende oomblik weerkink harde tuggeluide van buite af deur die hele kerk en menige jammerhartige prewel:  “Ag siestog!”

 

NOOD LEER BID

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

 

Klein Jannie se ma het die oggend baie probleme met hom in die kerk.  Hy is onhebbelik stout.  Sy het absoluut niks van die diens nie, want hy sit langs haar in die bank nooit ‘n oomblik stil nie.  Hy sjuif voortdurend rond en dit voel of hy haar aandag moedswillig aftrek en alle oë gerig is op haar en haar stout seuntjie, hier in die voorste bank van die kerk. Sy het hom meer as een keer teruggedruk in sy sitplek, maar toe sy dit nie meer kon hou nie, gryp sy hom aan die een hand en begin hom tussen die banke deur na buite te sleepdra. Sover as wat hulle gaan, probeer hy aan die bankleunings vasklou en pleit benoud by elke gemeentelid waar hulle verbygaan: “O, bid tog asseblief vir my, ag, bid asseblief vir my!” 

Die volgende oomblik weerkink harde tuggeluide van buite af deur die hele kerk en menige jammerhartige prewel:  “Ag siestog!”