KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

'n Lidmaat raak aan die slaap gedurende die woelige predikant se preek een Sondagoggend.´Sal almal wat hemel toe wil gaan, opstaan,´ sê die predikant. Die hele gemeente staan op behalwe vir die eensame slapende lidmaat. Die predikant vra hulle om te gaan sit en ewe dramaties sê hy toe:

`Nou, sal almal wat hel toe wil gaan, asseblief opstaan.´ Net toe skrik die slapende man vervaard wakker, spring regop, kyk verleë om hom rond na die giggelende mense, en sê.´Wel, Dominee, ek nie weet waaroor ons stem nie, maar dit lyk my dis net ek en jy wat ten gunste is...´