JOOD SAL HY BLY...

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Twee bedelaars sit 'n kort endjie van mekaar en bedel in 'n besige straat in Rome. Een hou 'n kruis voor hom, die ander een 'n groot Dawidster. Soms kyk hulle mekaar opsommend en vyandig aan. Baie mense stap verby, kyk wrewelrig na die bedelaar met die Dawidster, en gooi telkens net geld in die hoed van die bedelaar wat met die kruis sit.
'n Priester kom verby gestap,sien die twee bedelaars en kyk 'n rukkie lank hoe die mense net aan die bedelaar met die kruis iets gee. Hy besef maar altegoed waarom dié situasie heers en besluit uiteindelik hy sal die arme bedelaar met die Dawidster 'n bietjie advies gee. Hy stap nader en sê: "My arme vriend, begryp jy nie dat jy nie hier kan sit en bedel nie? Hierdie is 'n Katolieke land; hierdie stad is die sentrum van die Katolieke Kerk.

Mense gaan nie vir jou geld gee as jy hier sit met 'n Ster van Dawid nie; veral sal hulle jou niks gee wanneer jy naby hierdie bedelaar met 'n kruis by hom, sit nie. Trouens, hulle sal waarskynlik juis baie mildelik vir hom gee net om jou te wys wat hulle van die Dawidster dink."
Die bedelaar luister stilswyend na die priester, draai toe stadig na die ander bedelaar met die kruis en sê:

"Moishe, kyk nou net hoe probeer hierie ou die Goldstein-broers iets van bemarking leer..."