KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Twee gladdebekmanne rus 'n oomblik tussen die leë rakke terwyl hulle hulle nuwe winkel gereedmaak. 'n Plaasjapie loer in en vra belangstellend:

“Wat verkoop julle hier?”

Die een gladdebek antwoord toe vies en kortaf:

“Gekke” en die ander een sê “En dwase”.

Sê die plaasjapie toe: “Lyk my besigheid is goed - julle het nog net een van elk oor!”

 

Die bang Amerikaner wil ‘n kasteel koop.

“Spook dit hier?” wil hy van die eienaar weet.

“Glad nie,” antwoord die eienaar. “Ek woon al vyfhonderd jaar hier en ek het nog nooit ‘n spook gesien nie.”

 

‘n Paar neologismes:

alkohol:   slingersous

blonde oomblik: breinpouse

grimering: jeugdeeg

lyftaal:   skeletklets

snelweg:  boeteroete

 

Hy is so maer, as hy op ‘n vyftigsentstuk lê, steek daar nog veertig sent uit!

Hy is so lelik, sy ma hang sy foto in die kombuis om die vlieë weg te hou.

Hy is so dom, hy kry harsingskudding as hy probeer dink.

Hy is so lui, hy bewe nie eers as hy koud kry nie.

Hy is so skeel, as hy langs jou aan tafel sit eet hy van jou bord af.

Hy is so lank, as jy hom vandag pootjie, val hy eers môre.

 

“Jannie”, sê die juffrou, “as ek R300 vir jou pa leen en hy moet my terugbetaal teen R15 per week, hoeveel sal hy my na tien weke skuld?”

“R300”, sê Jannie.

“Jy ken nie jou tafels nie!” raas die juffrou.

“En juffrou ken nie my pa nie”, sê Jannie.

 

Die buurvrou het so hard op haar kinders geskree dat selfs ék my tande geborsel en gaan slaap het.

 

Die ma van drie stout kinders word gevra of sy weer kinders sal hê as sy haar lewe moes oorhê.  “Ja,” antwoord sy, “maar nie dieselfdes nie.”