KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Eskom het 'n samewerkingsooreenkoms aangegaan met 'n bekende vervaardiger van flitsbatterye. Die Eskom-produk sal onder die handelsnaam 'Neveready' bemark word.    

Wat het 'n vrou en `n handgranaat in gemeen? As jy die ring afhaal is die huis weg.

Die seuntjie vertel opgewonde aan sy onderwyser van die baba wat hulle verwag by die huis. Dit gaan vir 'n paar maande so aan en hy bly aan sy onderwyser van die verwagte baba vertel. Op 'n dag roep sy moeder hom en vra hom om sy hand op haar maag te plaas. Sy vra of hy kan voel hoe die baba skop en beweeg. Hy lewer geen kommentaar nie. Die volgende dag vra die juffrou toevallig wanneer die baba gaan kom? Die seuntjie bars in trane uit en sê: “Juffrou, die baba HET al gekom maar my ma het hom opgeëet!”