KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Trotse jong mamma sien haar enigste seuntjie by sy skool af vir sy eerste skooldag:
"Wees 'n goeie seuntjie, my goggatjie!
Dink baie aan Mammie terwyl jy in die klas sit, my soetlappie!
En wag vir Mammie by die hek, my skattebolletjie, asb my ou dingetjie, en my bokkie moet tog nie seerkry vandag nie!
Mammie is baie lief vir jou, my skat, en mammie gaan verskriklik na jou verlang my liefling!
Maar jy moet mooi luister wat die juffrou vir julle vertel my engel, ek kan nie wag om te hoor hoe jou dag was nie my ou stropietjie!"
Teen die einde van die skooldag wag sy reeds lankal vir hom by die hek.
"En wat het my sterretjie geleer op sy eerste daggie by die skool?"
"Ek't geleer my naam is Marco!"