Ons hou 'n Volksoptog op 27 April 2011
Die gemelde optoggedagte is gebore uit diepe besorgdheid ten opsigte van ‘n Volk wat ‘n baie diep identiteitskrisis beleef. ‘n Toestand wat vir baie jare reeds bekend is.
Verdermeer is hierdie Volkie in die huidige demokratiese opset gereduseer tot ‘n vreemde soort minderheidsgroep. Dit bind haar in reg om Volk te wees en het haar uitgelewer aan die wêreldmanipuleerders. Die stelselmatige ineenstorting van die huidige RSA bestel, dwing hierdie Volkie om tot eenheid oor te gaan.
Dit is van uiterste belang dat hierdie Volk self haar volkskap aankondig en fisies demonstreer.
Hierdie is ‘n eerste fase-optrede waarin ‘n uitmekaar gejaagde Volk begelei word om weer die diep emosie van Volkskap te ervaar. Negatiewe kommentaar vanuit die liberale geledere is reeds ervaar. Dit word egter nie gesien as ‘n struikelblok nie, aangesien die Skrif ons leer dat die lou en skemertoestand deur sy Majesteit uitgespuug sal word.
Hierdie Volk is geen onbekende volk nie. Die meeste van die stamvolke ken die Boervolk en haar geskiedenis. Die deelname van Boergenote landswyd is ook geweldig motiverend juis omdat hierdie aksie saamval binne ‘n tyd waar die bootjie van die ANC ernstige terminale lekplekke opgedoen het.
Die opgang en neerslaan van die huidige bestel is ook aan hierdie Volkie bekend, lank voor die fatale verkiesing van 1994. Die stilswye van hierdie Volk word dan met genoemde optog gebreek.
Dit is die nederige bedoeling van die organiseerders dat hierdie Volkie eers moet demonstreer dat sy Volk wil wees. Die volgende stap sal wees om huis skoon te maak, soos die Skrif vereis. Beide hierdie aksies sal lei tot ‘n uiters nodige volksverootmoediging. Dit sal hierdie Boervolkie binne die bedoeling van die profesie bring wat oor haar uitgespreek is.
Kundiges op alle terreine van die Volkshuishouding sal dan aangemoedig word om aan te meld.
Binne dit alles word al die eer en die lofprysing aan onse Vader gegee.
Ook die dank en aanbidding vir ‘n wonder geleentheid om voor God se aangesig as volk op te staan.
VOLKSOPTOG 27 APRIL 2011
GOEDGEKEUR DEUR OWERHEDE.
Dis opstaandag vir die klein Volkie oorkant die riviere van Kus.
Man, vrou en kind met die Vierkleur word opgeroep om aan te meld.
Oom Siener het gesê “ die Vierkleur gaan weer wapper “
Die optog begin om 09:00 vm in Fonteinstraat te Middelburg Tvl.
Optog eindig om 12:00 in die Kees Taljaard Stadion.
Items en Volksrede tot ongeveer 15:00 nm.
Stalletjies met eetgoed, leesstof, ens.
Die lang seerkry het die wiel laat draai !
Opstaan, Volkie van die Allerhoogste!
Moenie uself later verwyt nie.
Kom, wees deel van hierdie geskiedkundige opstaandag !
U is dit aan uself en die nageslag verskuldig !
Kontakpersone:
Ds Ben Strijdom 084-350-5929
Andrè Nienaber 071-877-9040
Koos Pieterse 082-770-6713