Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Waarom Volksverraad?
PERSPEKTIEF
INTELLIGENSIEWESE AS VREEMDE WETENSKAP
Toe Regter Ben van der Heever tydens my siviele saak teen die Nasionale Intelligensie in Maart 1998 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hoogsgeregshof in Pretoria benadruk het dat hy my nie verstaan wanneer ek vir hom sê dat ek nie eendag teen ’n muur wil staan met die beskuldiging dat ek ’n BOEREVERRAAIER is nie, was dit duidelik dat ek my doel met Volksverraad nog nie bereik het nie. Ons het (net soos die Boere ná die Tweede Vryheidsoorlog) ons land verloor; ons het ons onafhanklikheid verloor en nou verloën sommiges ons VOLKSKULTUUR! Wat het van ons geword? Besef hierdie mense nie dat ons nou deur Pax Americana ingesluk is en dat hierdie Amerikaanse Establishment ons vyand is nie? Hierdie Establishment is niks minder nie as ’n swart okkultiese teokrasie nie en hul God “Baphomet” is die God van die wêreld, naamlik SATAN. Is ons nie besig om ons self te verloen nie?
In werklikheid is hierdie swart okkultiese teokrasie ’n drogbeeld-illusie wat deur die hedendaagse tegnostrukture en die moderne rekenaarwetenskap bevorder word om ’n valse versekering van vrede en stabiliteit aan ons voor te hou. Ongelukkig kan ons hierdie waarheid nie sonder behoorlike kennis begryp nie. Ons moet dit vir onsself in ons geestesoog sien. Vir ons as Christenvolk gaan dit tog vir ’n iedere en elk om ’n plekkie in die hemel! Is ons dan nie SOLDATE VAN GOD nie? Gaan dit nie oor die tekens van die tye en die feit dat die einde naby is nie? Nuuskierigheid om antwoorde op die geheimenisse van die werklikheid te vind, dryf ons om ondersoek in te stel. Die antwoorde is daar en u sal dit vind as u uself toelaat.
Die kwaad word daagliks vir goed aangesien en kan selfs wetenskaplikes en die geskiedkundiges mislei. Mense is geneig om ’n goeie uiterlike te oorskat en te vertrou. Ons sien net die mooi prentjie raak en is onoplettend en oningelig oor die onderwêreld en die geheime kragte van die duistemis. Die innerlike kan dikwels nie gepeil word nie en die ware stand van die onderwêreld word nie raakgesien nie. Hierdie kragte van die duisternis hou nie daarvan om belig te word nie.
Toe ek ’n klein seuntjie was, is daar deurlopend deur volwassenes voorbeelde aan ons voorgehou van kinders van die duiwel, soos die liberaliste, kommuniste, hoere, dwelmhandelaars, hippies, homosekueles en leuenaars, en is ons teen hulle gewaarsku. Vandag is baie van hierdie skuim vooraanstaandes in ons samelewing. Hulle is ons adviseurs en ons leiers. As ’n pa van drie kinders, vind ek dit absoluut onaanvaarbaar. Omdat ons besig is om die nuwe wêreld-bedeling binne te gaan, voel ek my geroepe om hierdie publikasie te skryf en die sluier te lig oor dit wat my volksgenote tot op hede as allerdaags beskou het.
Spioene, geheime agendas en geheime dienste is reeds eeue lank aan die Westerse Beskawing bekend. Met die draai van die 19de eeu was spioene en geheime dienste vir ons Boere-voorsate ’n vreemde verskynsel. In die probleemstelling van my boek Volksverraad het ons verwys na die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek wat nie op die waarheid berus nie, maar op verfoeilike leuens. Daar is voortdurend vir ons as volksgenote gelieg. Moorde en verraad is gepleeg in die naam van staatsveiligheid. Die Boere, ons voorsate, is as gevolg van ’n gebrek aan kennis oor gesortifiseerde intelligensie deur die Britse geheime diens uitoorlê en hulle is op ’n subtiele manier in die Tweede Vryheidsoorlog ingetrek en gedwing om op 31 Mei 1902 die Vredesverdrag van Vereeniging te sluit. Jan Smuts het as Britse geheime agent die Boeregeledere binnedring en hulle met Britse geheime agendas mislei. Dr. John Coleman, ’n eertydse Britse geheime agent, bevestig dit in sy publikasie, Conspirator’s Hierarchy: The story of the Committee of 300. Dit het gelei tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika. Jan Smuts het dan ook eers in die veertigerjare spioene en geheime agendas vir hierdie land ’n werklikheid gemaak toe die regering agter die skerms, die welbekende Ossewa-Brandwag gestig het om Afrikanemasionalisme te kaap. John Vorster was een van Smuts se geheime agente. Toe Vorster die Buro vir Staatsveiligheid in Mei 1969 gestig het, het hy gemeld dat hy die konsep van intelligensie en geheime dienste by Smuts geleer het.
Dit is in ’n neutedop wat ons aan die begin van Volksverraad gesê het. Intelligensiewese berus op die geheimeleer maar daar is tog ’n fyn skeidslyn wat dit van die kwaad skei. Omrede daardie skeidslyn nie deeglik in ag geneem is nie, het die Suid-Afrikaanse intelligensiewese soos die res van die wêreld, op sy weg in die spinnerakke van daardie kwaad verdwaal geraak. Die Suid-Afrikaanse intelligensiewese het deel geword van die linkse kontrakultuur-aanslag teen die Westerse Beskawing wat in die sestigerjare deur die Multinationals, oftewel die Anglo-Joodse Illuminati (en spesifiek die Junta of Three—Rothschild, Oppenheimer en Rocke-feller), geloods is—Hippies, takhare, rockmusiek, vrye seks en anti-Apartheid. Veral sedert 1984 het die Suid-Afrikaanse onderwêreld van spioenasie (toe die Nasionale Intelligensie-diens) in samewerking met die Vrymesselary (die Orde van Malta) en die Verligte Aksie (SA Stigting-Central Intelligence Agency) besluit om agter PW Botha se rug met die Kommuniste te heul. Die Verligte Aksie heet tans Aksie 2000 (Action 2000). Hierdeur het hulle nader aan die kwaad beweeg. In Volksverraad het ons ook geleer dat die Afrikaner Broederbond en die linksgesindes in die Afrikaanssprekende Kerke soos die NG-kerk, Geformeerde Kerk en die Apostoliese Kerk die weg gebaan het vir die opkoms van Kommunisme in Suid-Afrika. Hulle het pionne van die Suid-Afrikaanse Swart Okkulte (duiwelaanbidders) geword, wat onder die leiding van die sogenaamde Council of Thirteen staan. Selfs ons vooraanstaande kerke is by hierdie gemors betrek. Hulle poog om alle godsdienste na ’n Wêreldraad van Kerke te bevorder, waarin kerke en gelowe oor die breedte van die wêreld tot een wêreldkerk en -godsdiens saamgesmelt word. Wanneer ons die terrein van die swart okkulte (geheimeleer) betree, moet ons goed besef dat GOED teenoor die KWAAD staan en dat die KWAAD poog om alles wat deur die GOED geskep is as spieëlbeeld na te boots. Ons is veral deur die oorgaweproses van die Nasionale Party in ’n geestelike oorlog ingetrek sonder dat ons werklik daarop voorbereid was en die reëls daarvan verstaan het.
Geestelike oorlog beteken noodwendig die doop met die Heilige Gees en ’n bree kennis van die geesteswêreld. In ’n volgende publikasie sal ons meer aandag aan daardie oorlog gee.
Die waarheid is soms agter die waarheid. Hoewel feite nie altyd by wyse van mondelinge en skriftelike getuies gevind kon word nie weens toesmeerdery, is ons met hierdie publikasie, net soos met Volksverraad genoop om op deskundige opinies te steun om gebeure terug te projekteer. Nieteenstaande die feit dat die informasie in bepaalde onderafdelings soms ook onbevestig berig is, word dit wel gepubliseer omrede die moontlikheid en/of waarskynlikheid hoog is dat die gebeure inderdaad plaasgevind het. Hierdie publikasie is net soos Volksverraad geskryf om te dien as ’n intelligensie-navorsingstuk. Met ander woorde dit is ’n navorsingsproduk wat normaalweg in die geheime dienste se gebruiklike kode opgestel is. Omrede ek deur verskeie sogenaamde regses oor stellings vervat in Volksverraad gedagvaar is as gevolg van ’n kundigheid oor die werkskode van geheime dienste, is ons genoop om eers sekere veiligheidsbegrippe toe te lig.
INTELLIGENSIE EN DIE ROL VAN INTELLIGENSIEDIENSTE
Elke staat het om veiligheidsredes (soos oorlog of die potensiaal vir oorlog) ’n behoefte aan ’n intelligensiediens; soms ook bekend as ’n inligtingsdiens of ’n geheime diens. In oorlogtye benodig ’n staat die dienste van ’n intelligensiediens om die geheime van die opposisie of ’n vyandige staat waarteen oorlog gevoer word te ontbloot. In vredestye, wanneer state samewerkingsooreenkomste sluit, is state se veiligheidsbelange steeds op die spel. Die regerings of beleidmakers wil weet watter strategie of taktiek hulle vyande of vennote volg.
Dit is ook die taak van ’n intelligensiediens om sy eie strategie te maak en dit dan te beveilig. Soos enige geheime organisasie byvoorbeeld die Vrymesselaars, is elke lid wat by ’n intelligensiediens sou aansluit onderhewig aan die aflegging van ’n eed van getrouheid jeens die organisasie. Sekerheidsmaatreëls soos:
• die sluit van kantore indien dit verlaat word;
• waaksaamheid om nie oor diensinligting te gesels nie;
• beskerming van intelligensie-identiteit. Indien ’n agent direk daaroor gekonfronteer word, moet hy daaroor lieg om sy dekking te beskerm;
• teenagtervolging moet voortdurend toegepas word;
• dienslede se name mag nie geopenbaar word nie, en
• die diens se intelligensie-tegnieke mag nie geopenbaar word nie.
DIE INLIGTINGSKRINGLOOP
Geheime dienste is net soos enige geheime organisasie ’n geslote gemeenskap. Vir die res van die wêreld is hulle boeke toe. Basies opereer hulle binne die inligtingskringloop. Geheime dienste bou ’n inligtingsprent. Binne die diens word ’n personeelbasis gebou bestaande uit ’n basiese personeel hoofdirektoraat, operasionele hoofdirektoraat en ’n navorsingshoofdirektoraat.
Die personeel hoofdirektoraat hanteer personeel aangeleenthede soos indiensneming, regsaangeleenthede, behuising, opleiding, verlof, salarisse, biblioteek, data-tik, mikrofilm, ensomeer.
Die operasionele hoofdirektoraat is gemoeid met insameling van informasie. Eerstens kan insameling tegnologies geskied. Daar kan meegeluister word, faks-onderskeppings en onderskepping van satelliet-kommunikasie (by die Rietvlei-kompleks is daar satellietskottels om die taak te verrig). Tweedens kan insameling geskied by wyse van menslike hulpbronne. Geheime dienste sal hulle veldwerkers of bron-hanteerders taak om bepaalde informasie te bekom by wyse van uittreksels uit publikasies, kroegpraatjies en geleentheidskontakte (ope/overte insameling) of spioene (geheime/koverte insameling). Slegs 5 tot 10 persent van alle informasie wat ’n geheime diens insamel is afkomstig van koverte bronne (meeluistering van telefoongesprekke, onderskeppings van fakse, spioene of agente).
Om geheime te ontbloot, word daar van verskeie insamelingstegnieke gebruik gemaak. Tydens my geding teen die Nasionale Intelligensie gedurende Maart 1998 het Stebastiaan Rothmann (voorheen as Direkteur van Sekerheid) getuig dat koverte operasies geloods word om geheime te ontbloot. As iemand byvoorbeeld aan sy vader ’n geheim sou vertel, kan hulle ’n vriend van die vader gebruik om te kyk of hy nie die geheim kan uitvind en aan hulle oorvertel nie. Hierdie bron kan bloot net vir daardie taak gewerf word, sonder dat so ’n bron weet dat hy dit nou in die naam van Nasionale Intelligensie gedoen het. Infiltrasie en klandestiene operasies kan selfs tien jaar of langer neem. Miljoene kan in so ’n projek ingesteek word. Iemand wat by so ’n projek ingetrek word, kry in die meeste gevalle ’n nuwe identiteit. Dit word ’n dekking genoem. Soms is ’n dekking nie nodig nie. Op die vraag waarom die Lubowski-familie so volhou dat Anton Lubowski nie ’n spioen was nie, het generaal Magnus Malan in 1997 voor die Waarheids- en Versoeningskommissie geantwoord: “Geheimhouding is die wese van spioenasie. ’n Spioen vertel nie vir sy vriende en familie daarvan nie. Dit sou vir hom gevaarlik gewees het om vir iemand te vertel hy is ’n spioen. Swapo en sy Oos-Duitse, Russiese en Kubaanse vriende sou Lubowski ‘uitgehaal ’ [om die lewe te bring] het”* Dit is die onderwêreld van spioenasie.
Lubowski-dood ’n intelligensie-blaps
Na wat berig word, is die Swapo-aktivis, Anton Lubowski, op 12 September 1989 deur “elemente” binne die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB) voor sy huis in Windhoek vermoor. Die BSB- groep wou glo ’n Swapo-leiersfiguur vermoor om mense af te skrik wat oorweeg het om by Swapo aan te sluit.
“£>/Y was een van daardie gevalle waar die linkerhand van die destydse veiligheidsmagte nie geweet het wat die regterhand gedoen nie."
Aan Rapport is genoem dat voormalige offisiere van Militêre Inligting (MI) se Direktoraat Koverte Inligting (DKI) onder die leiding van die destydse hoof, wyle brig. Tolletjies Botha, woedend was oor die moord op Lubowski omdat inligting wat hulle van Lubowski af langs ’n omweg ontvang het, uiters waardevol was. Sy moordenaars het nie hiervan geweet nie. MI moes in die laat jare tagtig inligting vir Suid-Afrika oor Swapo bekom, aangesien Swapo-leiers besig was om terug te keer na Windhoek en Swapo se denke en beplanning in die aanloop na Suidwes se onafhanklikwording vir die ou Suid-Afrikaanse bewind van uiterste belang was. DKI het Swapo-teikens geïdentifiseer. Lubowski was geïdentifiseer as ’n moontlike informant. Brig. Botha het Lubowski deur ander middelmanne gehanteer. Botha het “een van sy beste marine in Windhoek op die grond geplaas” om vriende met Lubowski te maak teen die agtergrond van die feit dat Lubowski “maar ’n taamlike laventelhaan” was en “baie geld op sy huis geskuld het." MI het toe ’n houvas op Lubowski gekry. “Hy was toe vathaar vir die verskaffing van inligting teen betaling.”
Uit Lubowski se gesprekke met hierdie “geplante” man is in ’n stadium genoem dat nege huise wat Swapo vir lede van sy terugkerende opstruktuur gekoop het, gemeubileer moet word. Die groep DKI-offisiere het toe ’n beslote korporasie gestig om die meubels (wat met meeluistertoestelle toegerus is) aan Swapo te verskaf. DKI het deur middel van ’n Suid-Afrikaanse sakeman ’n bedrag van R 100,000.00 aan Lubowski betaal. Die sakeman het ’n plaas in Namibië gehad. Hierdie sakeman wou hê Lubowski moet ná Swapo se bewindsoorname sy invloed gebruik om vir hom dobbelregte in Namibië te verkry. Die geld is toe deur Lubowski gebruik om die meubels aan te koop. “Dit is moontlik dat Lubowski nooit geweet het dat hy eintlik vir daardie inligting oor die meubels betaal is nie”.
Intussen was die amptelike spoenasiediens, die destydse Nasionale Intelligensiediens (NI), ook sterk bedrywig in Namibië. Die NI en MI het dikwels dieselfde teikens gejaag. Dit was ook in die geval van Lubowski so.
“Toe NI [Lourens Lombard van Tegnologie] sy meeluister-toerusting in Swapo se kantore gaan plant, het hy MI se toerusting gekry wat reeds daar in meubels versteek was. Omdat die twee inligtingsdienste op mekaar jaloers was en meegeding het, het NI die toerusting van MI ongedaan gemaak. ’n Lid, wat lank projekte van die ou Weermag se Afdeling Militêre Inligting in die destydse Suidwes beheer het, het aan Rapport gesê lede van die BSB het intussen hul eie eliminasie-agenda teen Lubowski uitgevoer. Hy het ook gesê dat hy nie seker is dat middelvlak-amptenare van NI nie ’n bedenklike rol gespeel het om 'gepaste' inligting na die BSB te voer wat MI in die verleentheid kon stel nie.
"In 1986 het NI onder meer ’n 'honey pot' (prostituut) gebruik om informasie uit die eertydse president Kenneth Kaunda van Zambië te bekom rakende ’n samewerkingsooreenkoms tussen Zambië en Rooi Sjina. Ons het byvoorbeeld in die South African Foreign Trade Organization (SAFTO) se kantoor gebruik gemaak van ’n werknemer om informasie rakende Afrika te bekom. NI het in Europa studiebeurse aan nagraadse studente gegee om toegang tot hulle navorsingsdata te kry. Soms word navorsingseenhede soos die Instititute on International Finance as ’n intelligensie-front opgerig om bloot informasie in te samel. Tans word intelligensiebronne van die Suid-Afrikaanse Geheime Diens en die Nasionale Intelligensie Agentskap met die goedkeuring van bestuur tot R250,000.00 betaal, afhangende die kwaliteit van die informasie.
NI het vals vlag vir baie spioene gewaai Vervolg...