1933: EERSTE VERTALING VAN BYBEL IN AFRIKAANS

KULTUURDAGBOEK 26 AUGUSTUS

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die vertaling van die Bybel in Afrikaans lê ten grondslag van die Eerste en die Tweede Taalbeweging van ongeveer 1872 en 1902. Al die ander bedrywighede van die lede van die Genootskap van Regte Afrikaners van 1875 en daarna het eweneens die Bybel in Afrikaans as motief en beginsel ondersteun.

In 1884 het ds SJ du Toit formeel met die vertaling begin. In 1912 het ds WJ Conradie se Kinderbybel die lig gesien. 'n Proefuitgawe van die Evangelies en die Psalms het in 1920 verskyn.

In 1923 het 'n groep van die eindvertalers die taak grootliks heeltyds aangepak – drr JD du Toit (Totius), JD Kestell en HCM Fourie. Hulle proefuitgawe is in 1929 met geesdrif ontvang. En toe, in 1933, het die Bybel volledig in Afrikaans verskyn. Die eerste besending van 10 000 Bybels is in Mei 1933 in Kaapstad afgelaai. Intussen het verdere besendings van 10 000 Bybels elk aangekom. In elke gemeente is feesgevier. Die Bybel was in ons eie taal, in Afrikaans, beskikbaar!

Op 'n sentrale byeenkoms in Bloemfontein het 5 000 mense in die Marksaal vergader. Elders het 'n soortgelyke getal kinders en jong mense byeengekom. Die ontvangs was veral geseënd omdat die Bybel in 'n tyd van politieke onbestendigheid, ekonomiese agteruitgang en 'n teisterende droogte verskyn het. Die Afrikaner het later deeglik besef dat God in sy genade op die regte tydstip die Woord in Afrikaans besorg het toe alle ander aardse sekerhede rondom die Afrikaner begin tuimel het. Geen wonder nie dat 150 000 eksemplare in 1933 alleen versprei is.

Vandag onder die hiel van swart kommunistiese owerheid waar die Afrikaner se godsdiens, geskiedenis en taal, ja,sy hele kultuur, vertrap en verdruk word, is die land weer in 'n ernstige politieke onbestendigheid en drastiese ekonomiese agteruitgang met die hoogste misdaadsyfer in die wêreld en werkloosheid en verarming van Blankes. As die Boerevolk weer 'n veilige, voorspoedige toekoms in sy land wil bewerkstellig, sal hy die erns van sy trou aan sy Skepper moet besef en na Hom terugkeer met dieselfde toewyding, vreugde en liefde vir die Woord van God as 'n eeu gelede.