KULTUURDAGBOEK 27 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie liggaam het sy ontstaan in die eerste plek te danke aan die suksesvolle optrede van die Republiekfeeskoor in 1966 by die Sentrale Fees by die Voortrekkermonument.
Die geesdrif van die persone wat deelgeneem het, het diegene wat die leiding op hulle geneem het, laat besef dat die geleentheid nog nie verby is om ons volk tot 'n singende volk te inspireer nie. Die Koorraad het dus opgetree as 'n koƶrdinerende liggaam vir die verskillende kore en aanverwante verenigings en het daadwerklik bygedra tot die bevordering van sang in die algemeen deur die reƫl van plaaslike koorfeeste en ook koorfeeste op provinsiale of streeksbasis.