1934: VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKE- VRAAGSTUK

KULTUURDAGBOEK 2 OKTOBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Vandag is die blanke nie meer in die posisie om beheer te neem oor volksvernietigende toestande nie te midde daarvan dat die armblanke-situasie erger is as wat dit in daardie jare was, ook met die verskil dat die vyandige regime die armoede van die blanke bewerk het met die doel om die witman te elimineer en dit daarom nie aan die groot klok hang nie – daar bestaan dus nie 'n nasionale bewustheid van die omvang van hierdie grootse blanke-armoede wat tans in Suid-Afrika heers nie.

Die gedagte aan 'n volkskongres oor die armblanke-vraagstuk was die direkte gevolg van die Carnegie-verslag van 1932, wat hierdie omvangryke en dringende landsvraagstuk ondersoek het.

Die inisiatief vir die kongres is deur die Armesorgraad van die Gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerk geneem.

Die kongres het van 2 tot 5 Oktober 1934 in Kimberley plaasgevind. Aangesien die hoofdoel van die Volkskongres die vasstelling van breë riglyne was waarvolgens die dringende armblanke-vraagstuk opgelos kon word, is daar om begryplike redes oor 'n baie breë terrein besin en het besonder netelige vraagstukke ter sprake gekom.

Een van die referente was dr HF Verwoerd wat die klem op die bestryding van armoede en die herorganisasie van welsynwerk laat val het. In hierdie verband is onder meer daarop gewys dat hoewel die meerderheid armblankes Afrikaners is, die opheffingswerk hoofsaaklik deur die Engels-georiënteerde organisasies gedoen is. Verskeie ander insiggewende referate is deur bekommerde Afrikanerleiers gelewer, waarna daar in diepe erns oor die groot dilemma waarin die Afrikanervolk hom bevind het, besin is. In die lig hiervan is vele voorstelle gedoen en besluite geneem, waarvan ongetwyfeld die vernaamste die totstandkoming van die Departement van Volkswelsyn op 1 Oktober 1937 was. Hierdie Departement sou toesien dat die armblanke-vraagstuk op 'n gekoördineerde wyse deur die owerheid aangepak word om die vraagstuk van blanke verarming te bekamp.

Dat die regering van daardie tyd die deurslaggewende rol gespeel het in die opheffing van die armblanke bevestig weer die haglike vooruitsigte wat die blanke in 2011 onder die hiel van 'n swart kommunistiese regering in die oë staar – 'n reeds vernietigende toestand waar nagenoeg 800 000 armblankes sonder heenkome in 'plakkerskampe' of sogenaamde klein nedersettings woon.