Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
Na 'n reeks godsdiensoorloë in Frankryk in die 16e eeu het koning Hendrik IV in 1598 die Edik van Nantes uitgevaardig. Hiervolgens het die Franse Protestante, bekend as Hugenote, 'n groot mate van geloofsvryheid verkry.
Toe Lodewyk XIV in 1685 die edik herroep was daar vir diegene wat hulle protestantse geloofsoortuiging wou uitleef nie meer plek in die Rooms-Katolieke georiënteerde Frankryk nie. Al uitweg was om te vlug.
Ofskoon talle doodgeskiet of gevang en in gevangeneskap geplaas is, het duisende ontvlug, ook na Nederland. Van daar het 150 Hugenote in 1688 in die Kaap aangekom. Hulle het aanvanklik probeer om hul identiteit te behou maar het eindelik volkome opgegaan in die Hollandse gemeenskap aan die Kaap. Hoewel hulle klein in getal was het hulle 'n groot bydrae gelewer tot die vorming van die Afrikaner.