KULTUURDAGBOEK 25 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Oktober 1854 is 'n Boerejaggeselskap, bestaande uit 23 mans, vrouens en kinders, wreed deur die swart volk van Makapan (soms ook gespel Magopane, Mokopane of Makapaan) en Mapela, opperhoofde van klein inboorlingstamme in die gebied Waterberg in die distrik Soutpansberg, naby die latere Makapanspoort, vermoor. Die lyke van die vermoordes is gruwelik vermink, en die leier van die geselskap, Hermanus Potgieter, broer van die Voortrekkerleier AH Potgieters, is lewend afgeslag. Die gruweldade van die swartes teenoor die blankes vandag in hierdie land is dus niks nuuts nie – al verskil is dat die blankes nie meer die swart barbare straf en op hulle plek hou nie, die volksmoord op die blanke gelate aanvaar, hulle God nie meer vertrou nie en daarom reeds as volk gesterf het.
Na aanleiding van hierdie wrede dade het kmdt-genl Piet Potgieter, seun van AH Potgieter,saam met MW Pretorius, kommandant-generaal van Potchefstroom, 'n strafekspedisie teen Makapan georganiseer.
Pretorius het hom op 24 Oktober by Potgieter aangesluit, en met 'n gesamentlike mag van ongeveer 535 man het hulle teen Makapan uitgetrek. Makapan het voor die Boere uitgevlug en hom met sy volgelinge in die latere Makapansgrot, ongeveer 23 km van Potgietersrus, verskans. Die grot is ongeveer 200m lank, 150m breed en plek-plek tot 20m hoog. Dit sou gevaarlik wees om die grot stormenderhand te probeer verower aangesien dit daarbinne baie donker was en die barbare hulle boonnop bestook het met gewere wat hulle by Engelse smouse gekry het. In die lig hiervan het die Boere op hierdie dag begin om die grot te verseël en te beleër, om sodoende die vyand deur uithongering tot oorgawe te dwing.
Op 6 November 1854 het Piet Potgieter hom in 'n oomblik van onbehoedsaamheid voor die bek van die grot gewaag en is hy noodlottig getref deur 'n vyandelike koeël. Onder hewige vyandelike vuur het veldkornet Paul Kruger, later President van die ZAR, onder dekkingsvuur van sy makkers, 'n heldedaad verrig deur die lyk van Potgieter uit die bek van die grot te gaan haal. Na 'n beleg van 25 dae het 'n klein groepie Boere die grot binnegedring en die verhongerde vyand sonder veel teenstand oorrompel. Ongeveer 900 swartes is gedurende die beleg voor die grot doodgeskiet terwyl meer as twee keer soveel daarbinne van honger en dors omgekom het, sodat Makapan se stam byna totaal uitgewis is, dít deur 'n klein groepie Boere van skaars meer as 500 man wie die Here aan hulle kant gehad het.
Minder sukses is aanvanklik teen Mapela behaal, wat hom met oormoedigheid nog meer astrant geword het en al meer moeilikheid laat veroorsaak het, totdat in 1858 'n strafkommando ook teen hom op die been gebring is, waarin Paul Kruger eweneens 'n belangrike rol gespeel het. Mapela se mag is finaal deur hierdie strafkommando gebreek.