1930: FAK KONDIG HANDHAAF- EN-BOU-REEKS AAN

KULTUURDAGBOEK 20 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die FAK het van sy stigting af voortdurend by die Afrikaner aangedring op die suiwer gebruik van Afrikaans, maar het besef dat van baie Engelse woorde, die Afrikaanse ekwivalent nie bekend is nie.

Die noodsaaklikheid van woordelyste is besef en daar is aan die werk gespring om woordelyste, wat geen wetenskaplike vakwoordeboeke moes wees nie, saam te stel.

Op 20 November 1930 is aangekondig dat die eerste woordelys in die Handhaaf-en-Bou-reeks, soos dit bekend gestaan het, beskikbaar is. Dit was die Woordelys van Motor-terme.

Daarna verskyn in 1932 Kruideniersware- en Slag-terme, en Alledaagse woorde.

In 1933 verskyn Spyskaart-terme, en in 1935-36 Rugby- en Sokker-terme, Krieket, Skyfskiet- en Brugspeel-terme, Biljart- en Golf-terme, en Hokkie- en Korfbal-terme.

Prof PJ Nienaber het in 1937 redakteur van die Handhaaf-en-Bou-reeks geword, en nog lyste het verskyn: Skoenmakers-terme in 1937, Kook-terme in 1939, en Fotografiese, aptekers- en toilet-terme.

Die FAK het 'n nuwe Handhaaf-en-Bou-reeks aangepak, en in 1979 is Motor-terme nommer 1, Rugby-terme nommer 2, Kriekket-terme nommer 3, en Tennis-terme nommer 4, beskikbaar gestel.